Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Dinsdag, 3 Februarie 2026
Hier is tans 127 933 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Alexander die Grote as Helios. Romeinse kopie van die Griekse oorspronklike.

Helios (Grieks: Ἥλιος; Homeriese Grieks: Ἠέλιος) was in die Griekse mitologie uit die tweede geslag Titane. Hy was die verpersoonliking van die Son. Sy naam word gelatiniseer as Helius en hy word dikwels Huperion ("die een bo") en Faëton ("die skitterende een") genoem.

Helios was die seun van die Titane Huperion en Teia (Hesiodus) of Eurufaissa (Homeros) en die broer van die godinne Selene (Maan) en Eos (Daeraad). Die drie se name was ook die algemene Griekse name vir son, maan en daeraad.

Helios word dikwels in kuns uitgebeeld met 'n stralende kroon terwyl hy 'n strydwa deur die lug drywe wat deur perde getrek word. Hy was die beskermgod van ede en die god van sig. Hoewel Helios in klassieke Griekeland 'n redelik onbelangrike god was, het sy aanbidding toegeneem in die Laat Oudheid danksy sy identifikasie met verskeie groot songode van die Romeinse tydperk, veral Apollo en Sol. Die Romeinse keiser Julianus het Helios die sentrale god gemaak toe hy godsdiens in die 4de eeu n.C. vir 'n kort ruk laat herleef het.

Helios kom prominent voor in verskeie werke van Griekse mitologie, poësie en letterkunde. Sy merkwaardigste verhaal in die Griekse mitologie is dié van sy sterflike seun Faëton.

In die Homeriese eposse is sy vernaamste rol die een wat hy vertolk in die Odussee, waar Odusseus se manne sy beeste eet ondanks waarskuwings. Toe hy daarvan hoor, het Helios vir Zeus gevra om dié te straf wat hom te na gekom het, en Zeus het hulle boot met 'n weerligstraal geslaan. Almal is dood, behalwe Odusseus, die enigste een wat nie die beeste geëet het nie.

Vanweë Helios se posisie as die son is geglo hy is 'n alomteenwoordige getuie, en hy is dus in ede aangeroep. Hy het ook 'n aansienlike rol in antieke magie en towerspreuke gespeel. In kuns word hy gewoonlik uitgebeeld as 'n baardlose jongeling in 'n soort tuniek en met 'n sweep in die hand waar hy 'n wa met vier perde drywe. Hy is dikwels vergesel van ander gode, soos Selene en Eos, of die sterre.

Helios is op verskeie plekke aanbid, maar sy belangrikste kultus was op die eiland Rhodos, waarvan hy die beskermgod was. Die Kolos van Rhodos, 'n reusagtige standbeeld van die god, het die hawe van Rhodos versier totdat dit in 'n aardbewing verwoes is. Dit is daarna nie herbou nie.

...lees verder

In die nuus
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word

Het u geweet...

... dat die Groenpuntvuurtoring die oudste vuurtoring in Suid-Afrika is? Dit staan op die noordwestelike punt van Tafelbaai in Mouillepunt, Kaapstad, en is in 1823 voltooi. Die rotsagtige Mouillepunt staan reeds eeue lank onder seevaarders bekend as een van die gevaarlikste punte aan die Kaap.

... dat in Australië en Nieu-Seeland meer skape as mense is? In Australië is daar 65,8 miljoen skape (2019) en 'n bevolking van 25,96 miljoen mense (2022), en in Nieu-Seeland 26,8 miljoen skape (2019) en 5 miljoen mense (2023).

... dat die Kanariese Eilande na honde vernoem is? Die oorspronklike Latynse naam, Insularia Canaria, beteken "Eiland van die honde".

... dat Jane Elizabeth Waterston die eerste vrou in Suid-Afrika was wat 'n mediese praktyk geopen het?

... dat varke uiters intelligente diere is? Hulle is ook skoner as die meeste troeteldiere en lê slegs in modder omdat hulle nie sweetkliere het nie en modder of water nodig het om af te koel.

Vandag in die geskiedenis

3 Februarie: Setsubun in Japan

Christiaan De Wet
Christiaan De Wet

Voorbladbeeld
'n Jong luiperdwyfie (Panthera pardus pardus) in die Krugerwildtuin in Suid-Afrika.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering